‘n Eg Afrikaanse talmfees is wat jy aan die voet van die heuwels van Groenberg in Wellington op 14 Maart 2015 sal vind! Kom TALM saam met die welbekroonde wynplase van Groenberg en raak deel van ‘n heel gemaklike situasie. Groenberg is trots om deel te wees van die Mutual & Federal Agri Wellington Wynroete.

PROGRAM

VERMAAK ANDER AKTIWITEITE WYN-TEATER

OP DIE GROENBERG VERHOOG

10:00 tot 11:00   Tjiff en Tjaff (R25 per kind)

  • Kindervermaak op sy beste

11:30 tot 17:30   Local is lekker

  • Plaaslike talent op sy beste

18:00 tot 19:30   “Rocking the Vines”

  • Top musikante bring jou al die ou gunstelinge

20:00 tot laat       Bok van Blerk en sy orkes

  • Room van die oes saam met sy orkes

OP DIE GROOTSKERM (MAKITIE SAAL)

15:00  Stormers vs Chiefs (Go Stormers!!)

17:00  Sharks vs Cheetahs

  • Stalletjies vol geskenke
    • Koop na hartelus
  • Museum-uitstalling
  • Wellington Toerisme
  • Wynproe
  • Pret-aktiwiteite
    • Kom wys jou vaardighede en daag jou vriende uit
  • Kosse vir alle smake
    • Kontreikos
    • Wild Boar Burgers
    • Koffie
    • Fees-kos
    • Roomys / Slush Puppies
    • Koeldrank / Water
  • Nr 6 Restaurant uitspan-arena
    • Vasgestelde spyskaart met ligte disse
    • Wynlys met wyne van deelnemende kelders

Wynproeë aangebied deur die streek se wynmakers onder leiding van 'n proe-fasiliteerder wat die wynmakers hul diepste wynmaak-geheime uitvra. Proeë word aangebied in die Makitie-saal.

11:00  Groenberg Vonkel

  • Skop die dag af met bruisende vonkelwyne uit die area.

11:45  Witwyne van Groenberg

  • Die diversiteit sal jou laat wens dit bly heeljaar somer.

12:30  Rooiwyne van Groenberg

  • Kom nou winter! Bottels vol vir die kaggelvuuraande.

13:15  Groenberg Verrassings

  • Kos-produkte van die area, geurig berei en aangebied met wyne van Groenberg.

14:00  Groenberg Geheime

Proe van ons juwele in die kelders wat wag om vrygestel te word.

Om jou ervaring van ons fees nog lekkerder te maak, bring gerus jou gunsteling kampstoel.